Hier is bietjie meer inligting rondom die skedule van die Hartenbos Straatmyl.
Die inskrywings vind ook vooraf plaas daagliks tot en met die 23ste Desember 2014 by die Inligtingskaravaan voor die Walvissaal.
Tyd: 07:30
Wat: Laat inskrywings vir die ATKV-Die Burger-straatmyl Inskrywingsgeld: R50
Daar is ’n spesiale prys vir die snaaksste deelnemer.
Ons deel ook veteraanpryse en medaljes uit.
Plek: Inligtingskaravaan
Tyd: 08:30
Wat: Wegspring: seuns en meisies onder 13
Plek: ATKV-Hartenbos Strandoord
Tyd: 09:00
Wat: Wegspring: mans , dames en veterane
Plek: Hartenbos /Bayview-skeiding
Tyd : 10:00
Wat : Prysuitdeling
Plek : Inligtingskaravaan