Ons het die Klein Karoo Athletiekfonds (KKAF), ‘n nie-winsgewende organisasie, met NPO nr. 131-283, gestig met die volgende doelstellings:
- Om pretasie uitnemendheid van plaaslike talentvolle atlete te bevorder deur afrigting, befondsing van deelname aan wedlope en die ontwikkeling van lewens- en loopbaanvaardighede.
- Om talent te identifiseer deur middel van klubs, hoërskole, afrigters of ander deelnemende organisasies met voorkeur aan atlete 14 jaar en ouer.
- Om betrokke te wees by die aanbieding van die Eden Straatmylreeks waar atlete van regoor die land kan deelneem en ‘n afrigtingskliniek bywoon.
Baie van julle ondersteun reeds ons plaaslike atlete deur vir hulle inskrywingsgeld te betaal of rygeleenthede te gee na byeenkomste toe.
Ons het dit goed gedink om sulke bydraes te reguleer deurdat u eerder ‘n bedrag geld maandeliks inbetaal in bogenoemde fonds. Ons sal dan ‘n person aanstel om die atlete te vervoer en hulle inskrywingsgelde te betaal vir wedlope. Ons sal u dan op gereelde basis inlig omtrent die aanwending van fonse. U kan ook ‘n belastingvoordeel kry uit u bydrae aan die nie-winsdewende organisasie. Let wel dat ondersteuning van nie-kontant bydraes soos byvoorbeeld vaardigheidsontwikkeling en mentorskappe ook baie welkom is.
Voordele vir u besigheid om bydreas tot die Klein Karoo Athletics Fund te maak:
• Vordering en voortuitgaan van ons talentvolle jong atlete in Oudtshoorn.
• Belastingvoordeel kry uit u bydrae aan die nie-winsdewende organisasie.
Ons bankbesonderhede is as volg:
KLEIN KAROO ATHLETIC FUND
STANDARD BANK
SPAARREKENING NR: 180678566
TAKKODE: 05-05-14-00
U is welkom om ter enige tyd insae te hê in die volledige konstitusie van die fonds om onder andere te sien hoe die gelde bestuur word en wat die wetlike vereistes van ‘n nie-winsgewinde organisasie is.
Baie dankie vir u voortgesette belangstelling en bydraes tot die vordering en voortuitgaan van ons talentvolle jong atlete. Dit word hoog op prys gestel en maak ‘n lewensveranderende verskil in mense, wat nie so bevooreg is soos ons nie, se lewens.